Deur liefde het ons mekaar gevind en deur liefde word ons in eg verbind.

Jy word hartlik uitgenooi na die huweliksbevestiging van

Janita van Zyl

dogter van Hendrik & Helena van Zyl
en 

Francois Klopper

seun van Schalk en Marietjie Klopper

’n Liefdesverhaal per toeval

Ons Storie

Fran en Janita se storie het, soos soveel mooi dinge in die lewe, heel per ongeluk begin. Hy was in Stellenbosch vir ’n hokkietoernooi en sy in Somerset-Wes, sonder die vaagste idee dat hul paaie binnekort onherroeplik sou kruis. Die eerste aand wat hy haar bel, gesels hulle vir twee-en-’n-half uur — en dít van ’n man wat gewoonlik min woorde mors. Vir dié wat Fran ken, was dit duidelik: Olof Bergh het hom daardie aand ’n bietjie ekstra moed gegee.

Die eerste paar afsprake was vir Janita maar ’n emosionele wipwarit. Sy het nie heeltemal verstaan dat sy swarthumor grappies eintlik sy manier van snaakswees is nie. Maar toe sy uiteindelik haar ego opsy skuif en saam met hom begin lag — selfs oor haarself — was die koeël deur die kerk. Dinge het eenvoudig gekliek.

Hoewel hy aanvanklik bang was vir ’n ernstige verhouding, was dit ironies genoeg Fran wat eerste vra dat sy saam met hom moet intrek in Durbanville. Skielik was sy die een wat onseker voel: Wat van haar werk? En moes sy regtig saam met ’n man gaan woon voordat hulle getroud is? Maar die lewe loop sy eie draaie, en kort voor lank kry sy ’n wonderlike werk in Durbanville en laat Somerset-Wes agter sonder om terug te kyk.

Durbanville word toe hul wêreld. Sy raak verlief op alles daar: die lewe saam met Fran, sy liefdevolle familie, haar nuwe tuin — ’n stokperdjie wat hulle so passievol deel — en natuurlik Sophie. Soos tyd aangaan, begin sy hier en daar pols oor wanneer hulle nou gaan trou. Maar Fran… hy doen dinge op sy eie tyd.

Toe verskyn daar op ’n dag ’n Browns-beertjie in hul motorhuis — ’n duidelike skimp, al was sy nog onbewus van sy groter plan. Een Sondag daag hy by haar ouers op “om te braai”, en sy vermoed steeds niks. Intussen het hy al sy konkelwerk lankal afgehandel.

In die hartjie van die Tsitsikamma-woud, terwyl Theuns Jordaan se “Sal jy bly” oor die bome weerklink en die geur van ’n rustige braaivleisvuur tussen hulle hang, gaan hy op een knie. Haar hart klop in haar keel. Meer perfek kon sy haar dit nie voorstel nie.

En so staan hulle nou — verlief, verloof, en op pad om Meneer en Mevrou Klopper te word. Soms begin die mooiste stories sommer per toeval… maar eindig in die grootste seën.

Ons troue is op

16 Mei 2026

Dae
Ure
Minute
Sekondes
RSVP teen 1 Maart 2026
Ons troue is op

16 Mei 2026

Dae
Ure
Minute
Sekondes
RSVP teen 1 Maart 2026
Waar & Wanneer

Klopper Bruilof

16 Mei 2026

Kom vier saam met ons wanneer ons die knoop deurhak. 

Seremonie

NG Kerk Durbanville, Moedergemeente >

Seremonie

Gaste arriveer vanaf 14h00. Die seremonie begin stiptelik 14h30.
Google Maps

Onthaal

Goedgeleven >

Onthaal

Skemerkelkies vanaf 16h30
Google Maps

Kleredrag

Semi-formeel >

Kleredrag

Semi-formeel (geen denim). Kleurvol (colourblocking)
Wenke

Metgesel

Metgeselle slegs per uitnodiging. Geen Kinders.

Drankies

Kontantkroeg Beskikbaar >

Drankies

Kontant & Kaart

Trougeskenke

Geldjie vir die Wittebrood >

Trougeskenke

Klik hieronder vir ons bankbesonderhede
Bankbesonderhede

Akkomodasie

Voorstelle >

Akkomodasie

Vir gerief het ons reeds akkommodasie vir sommige familielede gereël en hulle direk gekontak.
Akkomodasie Voorstelle

Geldjie vir ons wittebrood

Bankbesonderhede:

F Klopper
ABSA
Cheque
Rek no. 4111 576 071
Takkode: 632005

Baie dankie!

Akkomodasie voorstelle

PS. Vir gerief het ons reeds akkommodasie vir sommige familielede gereël en hulle direk gekontak.